Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/20/2016

Chorizo en kekerertjies / Chorizo and Chickpeas

Hierdie is ’n tipies Spaanse kombinasie. Chorizo is die naam vir ’n verskeidenheid varkwors wat jy op die Iberiese Skiereiland kry. Hierdie resep se chorizo is die standaard wors met daai naam by Suid-Afrikaanse supermarkte.

3 knoffelhuisies, fyngedruk
Broodkrummels gemaak van twee snye witbrood
30 mℓ olyfolie
225 g chorizo, in klein ringe gesny
15 mℓ gerookte paprika
400 g kekerertjies, gedreineer en afgespoel
3 lourierblare
340 mℓ cider

Meng die broodkrummels en die helfte van die olyfolie en braai tot bruin.
Skep die broodkrummels uit en braai die chorizo in die res van die olyfolie vir 1 minuut.
Gooi nou die broodkrummels terug, saam met die knoffel, paprika, kekerertjies, lourierblare en cider.
Meng lekker en prut dan vir 10 minute. Die sous moet begin verdik.

Bedien saam met lekker brood.

Opsioneel: Gooi ’n paar mieliepitte by.

No comments :

Post a Comment