Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/09/2016

Sjerrie-kaasmengsel

Hierdie is ’n doopsous. Sit dit voor saam met aartappelskyfies of kraakbeskuitjies.

500 g cheddar
125 g bloukaas
60 mℓ sagte botter
125 mℓ medium sjerrie
15 mℓ Worcester-sous
5 mℓ mosterd
’n druppel Tabasco
Uiesout en knoffelsout, na smaak

Die kaas moet kamertemperatuur wees.
Rasper die cheddar.
Verkrummel die bloukaas.
Meng die kase saam met die botter in ’n bak. Gebruik ’n vurk.
Klits nou die wyn en sout geleidelik by met ’n elektriese menger. Klits tot die mengsel glad en donsig is.
Sit voor by kamertemperatuur.

(foto Keira Morgan)

No comments :

Post a Comment