Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/04/2016

Vark met uie

5 mℓ mielieblom
20 mℓ sojasous
20 mℓ droë sjerrie
40 mℓ olie
Varsgemaalde swartpeper
225 g vark – enige vark wat in repies gesny kan word
10 mℓ rooiwynasyn
2 mℓ suiker
2 knoffelhuisies, fyngedruk
’n halwe ui, in skyfies gesny
8 stingeluie, in 5 cm stukke gesny
2 mℓ sesamolie

Maak ’n marinade deur die mielieblom, die helfte van die sojasous, die helfte van die sjerrie, die helfte van die olie olie en swartpeper te meng.
Voeg die vark by, meng, bedek en hou dan in die yskas vir ten minste 30 minute.

Meng die oorblywende sojasous en sjerrie met die asyn en suiker.

Verhit die oorblywende olie in ’n wok of pan.
Roer die knoffel by.
Gooi die vark en marinade by en roerbraai oor hoë hitte tot die vark nie meer pienk is in die middel nie. Dit neem omtrent 2 minute.
Voeg die halwe ui by en roerbraai ’n verdere minuut.
Voeg die stingeluie by en roerbraai nog 30 sekondes.
Voeg die laaste mengsel by en roerbraai ’n laaste 30 sekondes.
Roer dan die sesamolie by en bedien.

Dit kan ook gebruik word om wraps mee te vul of om oor noedels te eet.

No comments :

Post a Comment