Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/07/2016

Venesiese lewer / Fegato alla Veneziana

500 g kalfslewer
2 uie, in ringe gesny
’n hand vol pietersielie, fyngekap
40 g botter
45 mℓ olie
Sout

Verwyder enige membrane van die lewer.
Sny die lewer in papierdun skywe.

Braai die uie en pietersielie in die olie en botter tot die uie glasig begin raak.
Verwyder dit van die hitte sodat dit effens afkoel.
Voeg nou die lewer by en plaas dan terug op die hitte. Dit verhoed dat die lewer nie rubberagtig raak nie. Braai die skywe lewer 1 minuut aan elke kant.
Verwyder van die hitte en geur met sout.
Bedien dadelik.

Ps. Op die foto is die lewer in stukke gesny, nie skywe nie.

No comments :

Post a Comment