Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/31/2016

Brekfis met Derrich en Adelie

Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG.

Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook.

Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Culinary Arts), onder leiding van Letitia Prinsloo (hoof), Inemari Rabie (dosent en stilis) en die derdejaar sjefstudente saamgestel is.

ICA is geleë in die asemrowende Banhoek wynland van Stellenbosch waar hul wêreldklas opleiding en internasionaal geakkrediteerde kursusse aanbied. ICA het oor die afgelope 20 jaar 'n reputasie van die hoogste standaard gevestig en word gereken as die beste sjefskool in die land.

Brekfis met Derrich en Adelie / Derrich Gardner en Adelie Uys -- Naledi, Augustus 2015; 230 p. ; sagteband. -- ISBN 9781920654665

Brekfis met Derrich en Adelie,
Bettie Blom,
31 Maart 2016.

2


No comments :

Post a Comment