’n Galette is meer van ’n brood, maar die idee is daar met die resep.
Rooster sowat 600 g gemengde, opgekapte groente in die oond in olyfolie en geur met sout en peper.
Rol 400 g skilferkorsdeeg uit op ’n bakplaat.
Prik die oppervlak met ’n vurk.
Bak by 200°C vir 10 minute.
Plaas nou die gaar groente op die skilferkors saam met 2 takkies tiemie en 2 takkies roosmaryn.
Sprinkel 30 mℓ olyfolie oor en krummel dan 100 g bloukaas oor.
Bak weer by 200°C vir 10 minute.
Garneer met roket en bedien saam met ’n tamatieslaai.
(Foto: Gene Wilburn)
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns

3/18/2016
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a comment