Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/19/2016

Hoender chow mein

Maak jou gebraaide noedels vooraf klaar (klik hier vir die resep).

Hierdie hoender chow mein resep is genoeg vir 6 persone.

2 skoongemaakte hoenderborsies, in 2,5 cm blokkies gesny
225 g ontbeende varkvleis, in 2,5 cm blokkies gesny
15 mℓ mielieblom
40 mℓ droë sjerrie
30 mℓ sojasous
125 mℓ warm water
’n blokkie hoenderaftreksel
30 mℓ olie
2,5 cm vars gemmer, geskil en gerasper
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
225 g skoongemaakte garnale
2 uie, in halwe ringe gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
2 stokke seldery, in stukke van 2,5 cm gesny
100 g kool, fymgekap

Meng 5 mℓ mielieblom, 10 mℓ sjerrie en 10 mℓ sojasous in ’n groot mengbak.
Voeg die hoender en vark by en meng goed.
Plaas in die yskas vir 1 uur.

Meng die oorblywende mielieblom, sjerrie en sojasous met die water en hoenderblokkie.
Hou die sousie eenkant.

Verhit die olie in ’n wok of groot pan en braai die gemmer en knoffel daarin vir 1 minuut. Gooi die hoender en vark by en roerbraai tot dit nie meer pienk is in die middel nie. Dit neem omtrent 5 minute.
Voeg die garnale by en roerbraai tot dit mooi helderpienk raak – omtrent 3 minute.
Voeg die groente by en roerbraai vir 5 minute.
Gooi die sousie by. Kook en roer tot die sous begin borrel en verdik. Kook dan vir nog 1 minuut.

Bedien die chow mein nou op die noedels.

No comments :

Post a Comment