Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/19/2016

Lo Mein noedels met garnale

350 g noedels
10 mℓ sesamolie
125 mℓ gekapte grasuie
25 mℓ oestersous
25 mℓ sojasous
5 mℓ suiker
Knippie sout
Knippie varsgemaalde swartpeper
30 mℓ olie
5 mℓ gerasperde gemmer
1 knoffelhuisie, fyngedruk
250 g skoongemaakte garnale
15 mℓ droë sjerrie
200 g boontjiespruite

Kook die noedels volgens die aanwysings op die verpakking.
Dreineer, spoel af onder koue water en dreineer weer.
Meng die noedels met die sesamolie en hou eenkant.

Meng die oestersous, sojasous, suiker en sout en peper in ’n mengbakkie.

Verhit die olie in ’n wok of pan oor hoe hitte.
Roerbraai die knoffel en gemmer vir 10 sekondes.
Voeg die garnale by en roerbraai tot dit mooi pienk begin raak – omtrent 1 minuut lank.
Voeg die grasuie en sjerrie by en braai tot die grasuie begin verwelk – omtrent 15 sekondes lank.
Voeg die helfte van die boontjiespruite by en roerbraai vir 15 sekondes.
Voeg die res van die boontjiespruite by en roerbraai nog 15 sekondes.
Voeg die sous en noedels by en kook tot alles verhit is, terwyl jy aanhoudend roer. Dit sal omtrent 2 minute neem.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

Idee: Gebruik gerus spaghetti indien jy dit verkies (sien foto).

No comments :

Post a Comment