Crème pâtissière is ’n dik vla.
5 eiergele
125 mℓ versiersuiker
15 mℓ koekmeel
250 mℓ melk
2,5 mℓ vanillaekstrak, of ’n vanilla peul as jy het.
250 mℓ geklopte room
Strooisuiker
Meng die eiergele met die versiersuiker.
Klop die meel by.
Verhit die melk tot kookpunt en voeg dan die vanilla by.
Gooi nou die melkmengsel by die eiermengsel en kook dit saam op ’n waterbad. Roer aanhoudend tot die mengsel glad en dik is. Verwyder dit dan van die hitte en laat dit afkoel.
Voeg nou die room by wat jy na smaak versoet het met strooisuiker.
(foto's: Divya Kudua)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment