80 mℓ olyfolie
50 g botter
6 knoffelhuisies, fyngedruk
2 klein rissies, fyngekap
1 kg knopiesampioene
15 mℓ suurlemoensap
2,5 mℓ varsgemaalde swartpeper
30 mℓ fyngekapte pietersielie
Verhit die olie en botter in ’n pan en voeg die rissie, sampioene en knoffel by. Roerbraai vir 5 minute – tot die sampioene sag is.
Voeg die res van die bestanddele by en bedien.
Hierdie resep is genoeg vir 6 tot 8 persone.
(foto: Micheal Verhoef)
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns

11/28/2016
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a comment