Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/27/2016

Eton Mess

Hierdie eenvoudige nagereg kry sy naam by Eton College, ’n Hoërskool vir seuns in Windsor, Engeland. Dit word tradisioneel jaarliks bedien op 4 Junie tydens die skool se piekniek.

6 meringues
570 mℓ room
450 g aarbeie, skoongemaak en gehalveer
75 mℓ port, kirsch of Cointreau

Sprinkel die 75 mℓ alkohol oor die aarbeie in ’n glasbak en maak toe met kleefplastiek. Plaas in die yskas vir 3 uur lank.

Klop die room styf en vou dan die aarbei-mengsel by. Die sappe in die bak word ook gebruik.
Druk die meringues stukkend en vou dit by.

Bedien die nagereg in indiwiduele bakkies. Jy kan dit met vars aarbeie en klein meringues garneer.


No comments :

Post a Comment