Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2016

Pizza is mos kuierkos

Kuierkos is al ’n maand of twee op die rakke. Dit is mos nou juis kuiertyd en daarvoor kry julle ’n voorsmakie uit hierdie handige nuwe resepteboek. Die boek sluit ook die jaar op 'n gepaste noot af: Hou Kersfees saam met oud en jonk. Want kuier is immers lekker.

Hierdie Pizza-resep is genoeg vir 6 persone:

Gekaramelliseerde uitjies:
20 piekeluitjies geskil
10 salotte, geskil (of nog uitjies as jy nie kan kry nie)
2 knoffelbolle, punte afgesny sodat die huisies oop is
8 tiemietakkies
150 g botter, in blokkies gesny
45 ml olyfolie

Pizza-basis:
500 g meel
10 g kitsgis
5 mℓ sout
375 mℓ water
15 mℓ vinkelsaad
15 mℓ winterspeserymengsel, opsioneel (klik vir winterspeserymengsel resep)
45 mℓ olyfolie
15 mℓ knoffel, fyngekap
60 mℓ dennepitte of sonneblomsaad, gerooster, vir opdiening
125 mℓ crème fraîche, vir opdiening
oreganumtakkies, vir opdiening tiemietakkies, vir opdiening

Gekaramelliseerde uitjies:
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Sit die uie, knoffel, tiemie en botter in ’n oondpan. Besprinkel
met olyfolie en rooster vir 45 min. of tot sag en gekaramelliseer.

Pizza-basis:
Meng die meel, gis en sout met die hand of met ’n spaan in die bak van ’n staanmenger. Voeg die water stadig by en meng vir 3-5 min. teen ’n stadige spoed tot die deeg bymekaarkom. Meng vir nog sowat 4 min.
Bedek met ’n vadoek en laat rus vir 30 min. of tot dit tot dubbel die grootte gerys het.
Verhoog die oond se temperatuur tot 210 °C en sit ’n bakplaat daarin om warm te word. Verdeel die deeg in 2, rol liggies uit en strooi vinkelsaad en die speserymengsel oor. Rol sodat die speserye in die deeg vassit en rol dan dun uit.
Meng die olyfolie en knoffel en verf aan die deeg.
Sit die deeg op die warm bakplaat en bak vir 15-20 minute tot goudbruin.

Druk die sagte knoffel uit die huisies en meng met die crème fraîche.

Rangskik die uitjies op die basis, gevolg deur die dennepitte, en skep groot eetlepels van die knoffel-crème fraîche daarop. Rangskik heel laaste oreganum- en tiemietakkies bo-op.

Kuierkos / Vickie de Beer -- Human & Rousseau, 15 September 2016; 288 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798171878

No comments :

Post a Comment