Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/01/2016

Winterspeserymengsel

Kuierkos is al ’n maand of twee op die rakke. Dit is mos nou juis kuiertyd en daarvoor kry julle ’n voorsmakie uit hierdie handige nuwe resepteboek. Die boek sluit ook die jaar op 'n gepaste noot af: Hou Kersfees saam met oud en jonk. Want kuier is immers lekker.

Maak hierdie geurige speserymengsel en bêre dit in die yskas. Jy kan dit ook gebruik om bredies te geur. Die resep is genoeg vir 250 mℓ.

45 mℓ koljander
30 mℓ vinkel
15 mℓ komyn
15 mℓ mosterdsaad
6 kardemompeule
2 heel naeltjies
10 mℓ swartpeper
15 mℓ knoffel, fyngekap
1 brandrissie, vliesies en pitjies verwyder (opsioneel)
4 lourierblare, gekrummel
15 mℓ bruinsuiker

Rooster die koljander, vinkel, komyn, mosterdsaad, kardemompeule en naeltjies vir 3-4 min. oor hoë hitte in ’n braaipan.
Stamp fyn met ’n stamper en vysel.
Meng die swartpeper, knoffel, rissie, lourierblare en suiker in.
Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

Kuierkos / Vickie de Beer -- Human & Rousseau, 15 September 2016; 288 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798171878

No comments :

Post a Comment