Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/19/2017

Forel met botter amandels / Trout with Buttered Almonds

Die resep se bestanddele is vir forel filette wat in totaal 800 g weeg.
¼ koppie meel
½ teelepel sout
½ teelepel gemaalde witpeper
2 eetlepels olyfolie
90 g botter
½ koppie gevlokte amandels
2 eetlepels suurlemoensap

Meng die meel, sout en peper saam en doop die filette daarin. Skud die oortollige meel af.
Verhit die olyfolie en 1/3 van die botter in ’n pan en braai die vis daarin tot dit bruin is aan beide kante.
Dreineer die vis op kombuispapier, maar hou dit bedek sodat dit warm bly.

Verhit die oorblywende botter in ’n skoon pan en braai die amandels daarin tot dit begin verbruin.
Roer die suurlemoensap by en gooi oor die vis.

Bedien saam met aartappelskyfies en ’n spinasieslaai.

No comments :

Post a Comment