Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/20/2017

Indonesiese bredie

Hierdie bredie is hier en daar klein bietjie aangepas met ’n Suid-Afrikaanse bestanddeel.

Braai ’n fyngesnyde rooi en wit ui tot dit begin sag word.

Maak ’n stukkie gemmerwortel fyn en meng dit met 1½ eetlepel suurlemoengras en fyngekapte rissie na smaak. Meng dit by die ui.

Maak vir jou ’n bord vol groente bymekaar, soos byvoorbeeld bone, kool, groenboontjies en eiervrug. Sny dit op.

Gooi die groente by die ui-mengsel en bedek alles met bouillon of ’n hoendersop, en ’n skeut asyn.

Laat alles saamkook tot die groente sag is. Proe vir sout.

Meng blokkies feta by en bedien.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment