Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/17/2017

Smeul

Smeul is ‘n resepteboek wat saamgestel is deur drie uiteenlopende vriendinne met gemeenskaplike belangstellings.

In Riana se eie woorde: ‘Ons moet maar eendag ‘n kookboek skryf. Marietjie maak die kos, Leonie neem die foto’s en ons almal skryf.’ Dis hoe Smeul gebore is.

Behalwe vir die uitsonderlike mooi foto’s is daar ook die beskrywende taalgebruik wat sommer in die inhoudsopgawe al die essensie van die samestellers se harte saamvat: Die Weergalose Weskus, Karooland, Hartland, Diep, diep in ‘n donker woud en Sprokie vir ‘n Stadskind.

Noem ‘n gereg en dit, of ‘n variasie daarvan, is in die boek. Van die ou gunstelinge is: Pampoenkoekies, Braaisnoek op die kole, Viskoekies en Kerrievis.

Ou gunstelinge met ‘n nuwe kinkel is: Brusselse Spruite met ‘n Krummelkors, Speserybeet, Braaibroodjies, Karamelkwepers met Kaneel en Tiemie en Broccolislaai met Olywe.

Lekkerbekke gaan smul aan: Veerligte Jogurtpoeding met Frambose, Sjokoladefondant en nog meer.

In Marietjie se eie woorde: dis ‘Onse Kos’.

Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.

Smeul / Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer, Leonie Scholtz -- Lapa, April 2017; 240 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799382754


Smeul,
Bettie Blom,
12 Julie 2017.

3

No comments :

Post a Comment