Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2017

Springbok Wellington

Hierdie resep lewer 4 porsies.

Deeg
blaarkorsdeeg (sien bl. 76 van Theresa de Vries se Deeg)
1 eiergeel vir bo-oor verf

Vulsel
500 g sampioene, skoongemaak en in skyfies gesny
90 ml olyfolie
200 g spinasie, stingels verwyder
1 stuk Springbok-rugfilet (sowat 25 cm lank) of beesfilet sout en peper na smaak
25 ml aangemaakte mosterd

Hanepoot-jagtersous
1 ui, fyngekap
250 g sampioene, skoongevee en fyngekap
25 ml olyfolie
125 ml hanepoot-soetwyn
250 ml vleisaftreksel
125 ml room
50 ml fyngekapte pietersielie sout en peper na smaak

Vulsel: Braai sampioene in 40 ml olie tot gaar. Skep sampioene uit pan. Laat afkoel.
Dompel die spinasie in ’n kastrol met kokende water net tot dit verwelk. Skep spinasie met gaatjieslepel uit water en plaas oop op kombuispapier om te dreineer. Laat afkoel.
Plaas sampioene in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n pasta. Hou eenkant.
Geur die vleis met sout en peper. Smeer die vleis reg rondom met mosterd. Plaas in ’n vlak pan en braai in die 50 ml olie tot verseël aan alle kante. Skep vleis uit die pan. Draai vleis styf toe met kleefplastiek en plaas vleisrol in yskas om heeltemal af te koel.
Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer of spuit ’n bakplaat.

Deeg: Rol deeg uit in ’n vierkant van 30 cm – en 5 mm dik – op ’n meelbestrooide oppervlak.
Smeer die sampioenpasta in die middel van die deegvierkant – so breed soos die vleisrol is.
Versprei die spinasie eweredig oor die sampioenlaag.
Haal vleisrol uit yskas en verwyder kleefplastiek. Plaas die vleisrol op die spinasielaag. Rol die deeg styf op, soos vir ’n rolkoek. Plaas die deegrol op die bakplaat, met die naatkant na onder.
Rol orige deeg uit. Sny blaartjies of versierings uit en plaas op die deegrol. Verf deeg met eiergeel.
Bak deegrol vir 30-40 minute of tot goudbruin.

Sous: Braai die ui en sampioene in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die wyn by en kook vir 2 minute tot die alkohol weggekook het.
Voeg die aftreksel en room by. Kook tot sous effens verdik.
Roer die pietersielie by. Geur met sout en peper en kook die sous deur.
Haal die deegrol uit die oond en sny in porsies. Sit voor met die sous.


Uit Theresa de Vries se Deeg.

No comments :

Post a Comment