Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/04/2017

Pizzaiola-sous

1 eetlepel olyfolie
2 knoffelhuisies
1 blikkie fyngedrukte tamaties – ’n goeie kwaliteit
¾ teelepel gedroogde marjolein
½ teelepel sout
⅛ teelepel peper
2 eetlepels vars, fyngekapte pietersielie

Verhit die olie in ’n souspan.
Sny die knoffel in die helfte en braai in die olie vir 2 tot 3 minute. Die knoffel moet nie bruin raak nie.
Verwyder die knoffel en gooi dit weg.
Gooi die tamatie in die olie en roer die marjolein en sout en peper by.
Bring tot kookpunt en draai dan die plaat af tot op laag.
Prut die sous tot dit aansienlik verminder het. Dit kan tot 40 minute lank neem.
Roer die pietersielie by.

No comments :

Post a Comment