Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/19/2017

Ingelegde rooikool / Chou rouge mariné

Sny ’n rooikool in kwarte en verwyder die binneste harde stingel. Verwyder ook enige verlepte blare aan die buitekant. Sny dit dan in dun repe. Alternatiewelik kan jy dit in groter stukke sny, veral as jy dit ook as ’n peuselhappie wil gebruik.

Plaas die kool in ’n erdeware bak en strooi ’n hand vol fyn sout oor. Meng dit goed, plaas ’n deksel op en laat dit op ’n koel plek vir 48 uur. Roer dit elke par uur.

Dreineer die kool en pak dit in lae in ’n skoon erdeware bak. Tussen elke laag strooi jy 5 peperkorrels, 3 lourierblare en ’n halwe knoffelhuisie, gekap.

Gooi genoeg rooiwynasyn om die kool te bedek in ’n souspan. Bring tot kookpunt en plaas dit dan eenkant om af te koel.

Wanneer die asyn koud is gooi jy dit oor die kool. Sit die bak se deksel op. Sorg dat dit goed verseël is. Laat staan dit so vir 36 uur.

Verpak die kool nou in gesteriliseerde flesse.

Ingelegde rooikool kan gebruik word as ’n peuselhappie of saam met koue vleis of vark.

No comments :

Post a Comment