Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/20/2017

Lavash

Lavash is ’n gewilde Turkse brood.

4 koppies meel, plus ’n bietjie ekstra om mee te strooi
10 g kitsgis
1 teelepel sout
1 ½ koppie louwarm water
2 eetlepels olyfolie
¼ koppie water
¼ koppie olyfolie

Meng die meel, gis en sout saam.

Meng die water en olie.
Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en meng die vloeistof stadig by om ’n deeg te vorm.
Gooi die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot glad.
Plaas die deeg in ’n skoon bak en laat dit op ’n warm plek staan tot dit amper verdubbel het.

Knie die deeg af en verdeel dit in 8 bolletjies. Bedek die bolletjies met ’n vadoek terwyl jy een vir een met hulle werk.
Maak ’n bolletjie plat met jou hand en bedek dit met kleefplastiek wat met olyfolie gesmeer is. Laat dit rus vir 5 minute.

Verwyder die plastiek en rol elke broodjie 4 mm dik uit. Rek die broodjies effens met jou hande. As dit te maklik skeur moet jy dit liefs nog 5 minute laat rus.

Plaas die broodjies op ’n bakplaat wat liggies met olie gesmeer is en bak vir 8 minute teen 200°C of tot dit opgepof is en begin verbruin.


Die resep is genoeg vir 8 tot 10 brode.

No comments :

Post a Comment