Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/21/2017

Katrien se geskenke uit die kombuis

Hierdie boek bevat getoetste en vertroude resepte vir smullekker geskenke uit jou eie kombuis – vir koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met verskeie variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoëvetresepte vir dié wat spesiale diëte volg (Banting, keto, paleo, glutenvry, suikervry).

Baasbakker Katrien van Zyl fokus hoofsaaklik op maklike, flatervrye resepte wat vinnig gemaak kan word, sonder ’n gesoek na vreemde bestanddele. Die moeiliker tegnieke word stapsgewys met duidelike foto’s geïllustreer wat dit doenbaar maak vir enigiemand wat aanwysings kan volg. Katrien deel ook idees vir die verpakking van die lekkernye, en verduidelik hoe jy houers kan herwin en versier om by enige geleentheid te pas.

Daar is hope praktiese wenke en inligting oor hoe lank hierdie geskenkies by kamertemperatuur vars bly, asook hulle vriestydperk. Dit is ideaal as jy reeds lank voor ’n geleentheid wil begin bak en brou. Die boek is ryklik geïllustreer met pragfoto’s wat demonstreer dat van die mooiste geskenke uit jou kombuis kan kom. Dit bevat werklik iets vir almal, of jy nou die een is wat die bakwerk doen, of die een aan die ontvangkant van ’n heerlike, keurig verpakte smulhappie.

Hier is koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met variasies, tesame met etlike laekoolhidraat- en hoëvetresepte vir almal.

Katrien se geskenke uit die kombuis / Katrien van Zyl -- Metz Press, Junie 2017; 160 p. ; sagteband. -- ISBN 9781928376187



Katrien se geskenke uit die kombuis,
Bettie Blom,
21 November 2017.

2

No comments :

Post a Comment