Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/03/2017

Olyf-focaccia

4 koppies meel, plus ’n bietjie ekstra om mee te strooi
10 g kitsgis
1 teelepel sout
1 ½ koppie louwarm water
2 eetlepels olyfolie
½ koppie elk swart en groen ontpitte olywe, gekap
¼ koppie water
¼ koppie olyfolie

Smeer ’n 30x25 cm bakplaat liggies met olie.

Meng die meel, gis en sout saam.

Meng die water en olie.
Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en meng die vloeistof stadig by om ’n deeg te vorm.
Gooi die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot glad.
Plaas die deeg in ’n skoon bak en laat dit op ’n warm plek staan tot dit amper verdubbel het.

Knie die deeg af.
Voeg die helfte van die olywe by en knie dit in.
Voer die bakplaat uit met die deeg.
Laat dit op ’n warm plek rus vir 30 minute.

Druk holtes in die deeg met jou vingers.
Strooi die orige olywe en ’n bietjie sout oor.

Klop die water en olie goed saam en bestryk die deeg daarmee.
Laat die deeg nou weer eenkant staan, vir 20 minute die keer.

Bak die brood in ’n 200°C-oond vir 30 minute.

Keer die brood uit op ’n draadrak.

No comments :

Post a Comment