Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/08/2017

Gestoofde wildsvleis

Die voorkwart van ’n bok kan vir hierdie resep gebruik word.

Plaas die vleis in ’n platboomkastrol. Gooi ’n paar naeltjies, wonderpeper, sout en peper na smaak by. Gooi ook 500 mℓ rooiwyn, 500 mℓ water, ’n paar repe spek en suurlemoenskil by. Stoof dit stadig tot die vleis sag is.

Verwyder die vleis en hou warm.

Kook die oorblywende sous tot dit dik is, saam met ’n bietjie meel en ’n klont botter.

Bedien dit saam met gestoofde groente, byvoorbeeld patats, ertjies, kool en aartappels.

No comments :

Post a Comment