Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/14/2017

Skilferkors

4 x 250 mℓ koekmeel
625 g margarien
5 mℓ sout
1 eier, geklits
10 mℓ kremetart
’n klein blikkie sodawater, yskoud

Sif die meel, sout en 5 mℓ kremetart saam in ’n mengbak.

Rasper 500 g margarien oor die mengsel en vryf dit liggies by met jou vingerpunte.
Meng die eier en genoeg sodawater by tot dit ’n hanteerbare deeg is.
Draai die deeg in waspapier toe en plaas dit in die yskas vir 30 minute.

Rol die deeg uit op ’n oppervlak waarop daar meel gestrooi is.
Smeer die orige 125 g margarien en 5 mℓ kremetart oor die deeg en vou dit op.
Hou die deeg in die yskas.

Rol die deeg nog een keer uit voor jy dit gebruik of vries.


No comments :

Post a Comment