Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/04/2018

Gestopte koolblare / Rambasicci

500 g maalvleis, ’n mengsel van vark en bees
’n hand vol pietersielie, fyngekap
’n knoffelhuisie, fyngekap
1 eetlepel gerasperde parmesaan
1 teelepel gemaalde paprika
Sout
8 klein koolblare
1 ui, in dun halwe ringe gesny
2 eetlepels botter
60 mℓ olie
2 koppies aftreksel
3 eetlepels broodkrummels

Meng die vleis, pietersielie, knoffel, parmesaan, paprika en ’n goeie skeut sout goed saam.

Kook die koolblare in kookwater vir 4 minute.
Verwyder dit versigtig uit die kookwater en laat dit plat droog word om vadoeke.

Plaas ’n bietjie van die vleismengsel op elke koolblaar en vou dit toe in reghoekige blokke. Bind die blokke vas met tou of steek dit was met tandestokkies.

Verhit die olie en botter saam in ’n pan en braai die ui daarin vir ’n paar minute.
Pak nou die gestopte kool in die pan, plaas die deksel op en braai so vir 15 minute. Benat dit van tyd tot tyd met die aftreksel, sodat dit nie aanbrand nie.

Verwyder die deksel en strooi die broodkrummels oor. Laat dit so prut met die deksel af sodat die sous kan afkook en verdik.

Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment