Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/16/2018

Salmkoekies

4 gaar aartappels, grof gekap
’n blikkie salm
4 stingeluie, fyngekap
1 eier
½ koppie meel
2 eiers, liggies geklits
1 koppie broodkrummels
Olie

Meng die aartappel, salm, stingeluie en 1 eier in ’n groot mengbak.
Gebruik ½ koppies van die mengsel om koekies mee te maak. Pak dit op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Bedek en hou in die yskas vir ten minste 30 minute.

Rol nou die koekies in meel, dan die geklitste eier en dan broodkrummels.
Verhit olie in ’n pan en braai die koekies tot dit bruin aan beide kante is en warm in die middel.

Bedien die koekies met ’n Tartare-sous.

No comments :

Post a Comment