Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/17/2018

Soetsuurdeegbrood

2,5 kg broodmeel
1 liter lou water
1 teelepel sout
1 eetlepel sout
1 teelepel suiker
1 middelslag aartappel

Begin laatmiddag, die vorige dag, met die resep.

Kook die water in ’n 3 liter kastrol en laat dit dan afkoel.

Sny ’n skoongemaakte aartappel in die helfte en plaas in die water saam met die sout en suiker. Strooi 1 koppie meel oor die water. Moet nie die bestanddele roer nie. Maak die kastrol toe met ’n kombers en laat dit oornag staan.

Die volgende oggend roer jy nog ’n koppie meel by. Plaas die kastrol in ’n groot bak met warm water.

Wanneer die suurdeeg goed gerys het verwyder jy die aartappel en voeg jy die res van die meel by en 1 eetlepel sout.
Knie die deeg deur. Gebruik nog lou water indien nodig. Knie tot dit ’n gladde deeg is.
Laat dit weer rys tot die deeg verdubbel het.

Knie weer die deeg en plaas in 2 gesmeerde panne. Laat dit rys tot die panne feitlik vol is.
Bak vir 1 uur teen 180°C.

No comments :

Post a Comment