Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2018

50 Prutpotgeregte

’n Prutpot is een van die handigste, mees ekonomiese en gesondste maniere om smulgeregte vir die gesin voor te berei terwyl jy jou aandag en tyd elders spandeer. In Engels staan dit bekend as ’n slow cooker of ’n crock pot.

’n Prutpot is veilig en kan rustig prut terwyl jy werk, inkopies doen of die gesin vervoer.

Hierdie pragtige, volkleurboek, 50 Prutpotgeregte, wys ons vir jou hoe om met behulp van jou prutpot en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke, selfs poeding, gaar te maak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.

Moenie bodder met Google en uitlandse bestanddele waarvan niemand nog gehoor het nie. Die resepte in ons boek maak gebruik van bestanddele wat moontlik reeds in jou koskas is, of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

In 50 Prutpotgeregte wys ons jou hoe maklik dit is vir die prutpot om heerlike kos voor te berei terwyl jy aangaan met jou lewe.

Resepte sluit in: ’n Hoender- en rooiwynstowedis met kruiekluitjies, Romerige Sweedse frikkadelle, Gevlokte beesvleis, Koolrolletjies, Murgpampoentjiesop, Hongaarse ghoelasj, Italiaanse varkboud, ’n geurige Beesvleiskerrie, Sjokoladekoek, en ’n Sjokolade- en grondboontjiebotterpoeding.

Ons gee ook wenke hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.

50 Prutpotgeregte -- Lapa, 2018; 64 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799382884



50 Prutpotgeregte,
Bettie Blom,
16 Februarie 2018.

2.5

No comments :

Post a Comment