Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/16/2018

Newburg skulpvis / Crab Newburg

Newburg skulpvis kan met ’n verskeidenheid seekos voorberei word. Die maklikste is geblikte krap of ingelegde kreef of garnale. Vir hierdie resep gebruik ons ’n blikkie krap.

Smelt botter in ’n diep pan.
Gooi die krap by.
Wanneer die krap goed warm is geur jy dit met sout en ’n skeut gemaalde, gerookte paprika.
Kook oor lae hitte vir 5 minute.

Klop 2 eiergele met 2 eetlepels room.
Verwyder die krap van die hitte en gooi die eiermengsel by. Roer stadig en deeglik, sodat dit nie skif nie.

Plaas die mengsel nou terug op lae hitte vir 2 minute, terwyl jy aanhoudend roer.
Roer nou ’n glas sjerrie by en roer deeglik deur.

Bedien dadelik.

Bedien die Newburg krap saam met geroosterde brood.

No comments :

Post a Comment