Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/17/2018

Boontjie-en-suurkool sop / Jota

200 g wit boontjies, oornag geweek
100 g varkmaag, versnipper
3 eetlepels olie
1 eetlepel meel
50 g spek, versnipper
1 knoffelhuisie, fyngekap
½ ui, fyngekap
1 hand vol pietersielie, fyngekap
6 vars salieblare, fyngekap
2 eetlepels mielieblom
50 g pancetta, in repe gesny
200 g sauerkraut / suurkool
Sout

Kook die bone in 1½ liter saam met die varkmaag. Kook stadig terwyl jy die res van die bestanddele voorberei.

Verhit die olie in ’n klein pannetjie.
Verwyder van die hitte en roer die meel by. Plaas dit terug op die hitte en bly roer tot dit begin ligbruin word.
Gooi dit by die boontjiemengsel.

Braai die spek in dieselfde pan saam met die knoffel, pietersielie, ui en salie.
Voeg die mielieblom by en roer aanhoudend oor lae hitte.
Voeg die mengsel by die sop.

Braai die pancetta nou in die pan.
Voeg die sauerkraut by en kook stadig, terwyl jy dit versigtig roer.

Voeg die pancetta-mengsel by die sop net voor jy dit bedien. Proe vir sout.

Bedien hierdie sop baie warm.

No comments :

Post a Comment