Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/11/2018

Gebakte sagopoeding / Baked Sago Pudding / Tapioca

l ℓ melk
250 mℓ sago
1 mℓ sout
75 mℓ suiker
75 mℓ botter
4 eiers
5 mℓ vanieljegeursel
Fyngemaalde kaneel
75 mℓ appelkooskonfyt

Verhit die melk tot kookpunt, roer die sago en sout by en kook oor baie lae hitte tot die sago deurskynend is.
Roer die suiker en botter by en verwyder van die hitte.
Klits die eiers en vanieljegeursel saam en roer dit by die sago-mengsel.
Gooi in ’n glas oondbak en strooi kaneel oor.
Plaas die glasbak in ’n oondpan met water en bak 45 minute tot ligbruin en gestol by 160°C.


Dien op met appelkooskonfyt.

No comments :

Post a Comment