300 g fleischwurst (of servelaat-wors), in kwarte gesny
1 rooi ui, gehalveer en in dun skyfies gesny
4 agurkies, in skyfies gesny
15 mℓ van die agurkies se vloeistof
30 mℓ witwynasyn
45 mℓ sonneblomolie
2 mℓ paprika
Sout en peper
6 radyse, in skyfies gesny
Plaas die wors in ’n slaaibak.
Voeg die uie en agurkies by.
Klop die vloeistowwe saam.
Voeg die paprika by en geur na smaak.
Gooi oor die worsmengsel.
Bedek die slaai met kleefplastiek en plaas dit vir ten minste 2 uur in die yskas.
Voeg die radyse by net voor bediening.
Bedien met rog- of plaasbrood, pretzels en Duitse mosterd.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment