Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/18/2019

Aspersie-en-feta-galette / Asparagus and Feta Galette

Rol 400 g broskorsdeeg uit in ’n 30 cm sirkel van 3 mm dik op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.
Plaas die deeg op ’n bakplaat en strooi 2 wiele verkrummelde feta, die gerasperde skil van 1 suurlemoen, 4 takkies tiemie en swartpeper oor. Los ’n rand van 3 cm.
Vou die rand om, knyp toe en verf die rand met 1 geklitste eier.
Bak vir 20 minute teen 180°C.

Breek die harde onderste 2 cm van 200 g aspersies af en strooi die lote oor die tert.
Drup olyfolie oor en bak vir 15 minute tot die tert goudbruin is en die aspersies sag.

Strooi roket oor en bedien.

Die galette is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment