6 varkliestjops
¼ koppie kanola-olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
Die gerasperde skil van 2 suurlemoene
Sous
⅓ koppie karringmelk
½ ryp avokado, in blokkies gesny
’n hand vol elk van basilie, koljander en pietersielie
2 sprietuie, in dun skyfies gesny
2 eetlepels appelasyn
1 knoffelhuisie, gekap
2 ansjovisfilette, gekap
1 teelepel heuning
½ koppie olyfolie
Sout en gemaalde peper
120 g aspersies, geblansjeer
6 pak choi, geblansjeer en gehalveer
3 koppe baba-groenkool, in kwarte gesny en geblansjeer
230 g langsteel-broccoli, geblansjeer
Meng die tjops met die olie, knoffel en suurlemoenskil vir 20 minute.
Pols die karringmelk, avokado, kruie en uie in ’n voedselverwerker tot glad.
Voeg die asyn, knoffel en heuningby en meng tot glad. Voeg die olyfolie in ’n dun straaltjie by terwyl die masjien loop. Geur en hou eenkant.
Braai die tjops oor medium-warm kole vir 5 minute aan ’n kant. Geur.
Sit alles saam voor.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment