- gaar
- Genoeg gebak, gestoof, gebraai en of gekook.
- gaarbak
- Genoeg bak tot dit gaar is.
- gaarkook
- Genoeg kook tot dit gaar is.
- gaarmaak
- Genoeg gebak, gestoof, gebraai en of gekook.
- gache vendéenne
- 'n Tradisionele Paas-koek uit die Vendée-streek van Frankryk.
- galangal
- 'n Spesery soortgelyk aan gemmer, net met 'n soet smaak. Dit is veral gewild in Thai kookkuns en word meesal in sop of kerrie gebruik.
- galantien
- 'n Koue vleisgereg bestaande uit gestopte en gekruide hoender of wild wat in hul eie jellie opgedien word.
- galantine
- 'n Koue vleisgereg bestaande uit gestopte en gekruide hoender of wild wat in hul eie jellie opgedien word.
- galjoen
- 'n Eetbare seevis, Coracinus capensis, wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom en van 1 tot 5 kg weeg.
- gamay noir
- 'n Swart druifsoort wat gereeld dra en goed bestand is teen siektes.
- gans
- Een van verskeie soorte swemvoëls van die familie Anserinae.
- gansbors
- Die bors van 'n gans.
- gansmis
- Die plantjie Anacampseros papyracea. Dit het lae takkies wat soos gansmis lyk.
- gansnek
- Die nek van 'n gans.
- gapermossel
- 'n Mossel met 'n eiervormige skulp.
- garam masala
- In Hindi beteken “garam” warm en “masala” beteken mengsel. Dit is ’n mengsel van gemaalde Indiese speserye. Die samestelling wissel van streek tot streek in Indië, maar die algemene bestanddele is swart en wit peperkorrels, komyn, kaneel, kardamom, neutmuskaat, steranys en koljander.
- garbanzo
- Die eetbare peulgroente, Cicer arietinum, is van die oudste groente wat deur die mens verbou word. Die ertjie bevat baie proteïene. In Afrikaans is dit ook bekend as die keker, kekerertjie, dwergertjie, Spaanse ertjie en Indiese ertjie.
- garebiltong
- Biltong gemaak van die rugstring van 'n dier.
- garingbiltong
- Biltong gemaak van die rugstring van 'n dier.
- garingvleis
- Vleis afkomstig van die rugstring van 'n dier.
- garnaal
- Enigeen van verskeie kreefagtige see- en varswaterdiertjies van die onderorde Macrura. Crangon vulgaris word geëet.
- garnaalkelkie
- 'n Voorgereg wat hoofsaaklik uit garnale bestaan en in 'n kelkie bedien word.
- garnalebroodjie
- 'n Brood wat uitgehol en met gaar garnale gevul is.
- garneer
- Versier met een of ander toevoegsel.
- garneersel
- Dit waarmee 'n hele skottel kos versier is.
- gars
- 'n Soort graan van die geslag Hordeum.
- gasel
- Enigeen van verskeie wildsbokke van die geslag Gazella. Hulle word in Sentraal- en Noord-Afrika en Asië aangetref.
- gasmaal
- 'n Deftige maaltyd waarna gaste genooi word.
- gasoond
- 'n Oond wat met brandende gas verhit word.
- gasstoof
- 'n Stoof wat gas as brandstof gebruik.
- gastronomie
- Die kuns om kos smaaklik voor te berei. Dit verwys ook na die nuttiging van goed voorbereide kos en bypassende drank.
- gastronoom
- Iemand wat gesteld is op lekker eet en drink.
- gatgaai
- 'n Knolplant van die geslag Peucedaneum wat in Malmesbury, Suid-Afrika, voorkom en waarvan die knol eetbaar is.
- gatgai
- 'n Knolplant van die geslag Peucedaneum wat in Malmesbury, Suid-Afrika, voorkom en waarvan die knol eetbaar is.
- gebak
- 'n Gebakte lekkerny.
- gebakte Alaska
- 'n Gereg van roomys en koek. Gebakte Alaska resep <-
- gebraai
- Dit wat deur braai gaargemaak is.
- geelbek
- 'n Groterige soort seevis, Atractoscion aequidens.
- geelmielie
- 'n Mieliesoort met geel pitte.
- geelperske
- Enigeen van verskeie taaipitperskes met geel vleis en 'n geel skil.
- geelrys
- Rys wat met borrie gekleur is.
- geelstert
- Enige van 'n aantal vissoorte met 'n gelerige stert, veral die albakoor.
- geelsuiker
- Ongeraffineerde suiker met 'n geel kleur.
- geelvis
- Enigeen van verskeie soorte varswaterroofvisse van die die geslag Barbus, wat veral in snelvloeiende water hou en silwerkleurig is en 'n mate vergeel soos hulle ouer word.
- geelwaterbok
- Die basterwaterbok Kobus leche.
- geelwortel
- Die plant Dauicus carote, 'n geel of oranje wortel.
- gekrui
- Iets wat kruie of speserye as smaakmiddel bevat.
- gekruid
- Iets wat kruie of speserye as smaakmiddel bevat.
- gekruie
- Iets wat kruie of speserye as smaakmiddel bevat.
- gelatien
- 'n Jellieagtige, lymerige stof wat berei word uit dierlike weefsel soos bene, vel en senings.
- gelatine
- 'n Jellieagtige, lymerige stof wat berei word uit dierlike weefsel soos bene, vel en senings.
- gelatinase
- 'n Ensiem wat gelatine vloeibaar maak, maar nie eierwit/eiwit aantas nie.
- gemarineer
- In sous ingelê voor dit gaargemaak is.
- gemmer
- Die gedroogde wortelstok van die Oos-Asiatiese plant Zingiber officinale. Dit het 'n skerp, branderige smaak en word gebruik as spesery.
- gemmerbier
- 'n Tipe drankie met gemmer as die kenmerkende bestandeel.
- gemmerbrandewyn
- Brandewyn op gemmer getrek.
- gemmerkoekie
- 'n Koekie met gemmer as die kenmerkende bestandeel.
- gemmerkonfyt
- Stukke gekookte gemmerwortel in suikerstroop ingelê.
- gemmerlim
- Limonade gegeur met gemmer.
- gemmerlimonade
- Limonade gegeur met gemmer.
- gemoute-asyn
- Asyn met 'n byvoeging van graan.
- gemoute gort-asyn
- Asyn met 'n byvoeging van gort.
- gemsbok
- 'n Ligbruin Suid-Afrikaanse wildsbok, Oryx gazella. Dit word tot 1 meter hoog met wit in die gesig en wit bene. Die regopstaande horings is tot 1 meter lank.
- gensbok
- Ander woord vir gemsbok,'n ligbruin Suid-Afrikaanse wildsbok, Oryx gazella. Dit word tot 1 meter hoog met wit in die gesig en wit bene. Die regopstaande horings is tot 1 meter lank.
- gentiaanwortel
- Die wortelstok en wortels van die Gentiana lutea (familie Gentianaceae), of geelgentiaan. 'n Aftreksel hiervan word as eetlusbevorderende middel gebruik of waaruit gentiaanbitter berei word.
- gentiaanbitter
- 'n Bitter drank berei uit gentiaanwortels. Die drankie is oorspronklik van Switserland.
- gepelde amandels
- Amandels met die velletjies verwyder.
- geposjeer
- Sonder dop in water of melk gaargemaak.
- geposjeerd
- Sonder dop in water of melk gaargemaak.
- gereg
- Die gedeelte van 'n maaltyd wat tegelyk opgedien word.
- gerooster
- Op 'n rooster gaar gebraai.
- geroosterd
- Op 'n rooster gaar gebraai.
- geurkruid
- Enige kruid wat gebruik word om voedsel mee te geur.
- geursel
- Enige middel wat gebruik word om aan voedsel of drank 'n aangename geur te gee.
- ghaap
- 'n Naam wat gebruik word vir verskeie plantsoorte met dik, vlesige, hoekige of geriffelde, blaarlose stamme, meestal met dorings of getand op die riffels en met onwelriekende blomme waaruit horingvormige peulvrugte ontwikkel.
- ghitaarvis
- 'n Soort eetbare seevis wat in vlakkerige water voorkom en in die sand wegkruip.
- ghoelasj
- 'n Hongaarse dis. Gestoofde biefstuk met groente en gegeur met uie en paprika.
- ghoena
- Een van verskeie kruipende vetplante van die geslag Carpobrotus waarvan die vrugte geëet kan word.
- ghôkum
- Een van verskeie kruipende vetplante van die geslag Carpobrotus waarvan die vrugte geëet kan word. Die naam kan na die plant of die vrug verwys. Dit woord word veral in die Kaapland gebruik.
- ghwarrie
- 'n Groenblywende struik, Euclea undulata. Dit word aangetref in die Groot- en Klein-Karoo en word tot 3 meter hoog. Die blare word gebruik vir tee.
- ghwarrieko
- Dit is 'n soort kambro, Fockea crispa, met 'n eetbare ondergrondse knol.
- ghwarrietee
- 'n Tee gemaak van ghwarrieblare. Dit word ook gedrink as geneesmiddel teen hartkwale.
- giers
- 'n Graansoort wat gebruik word vir brood.
- Girasol
- 'n Distelagtige groente.
Beter bekend as artisjok. - gis
- 'n Proses waarby opbruising of skuimvorming gewoonlik plaasvind.
- giskoekie
- 'n Gisstof in die vorm van 'n saamgeperste blokkie.
- gladdeperske
- 'n Perske met 'n gladde skil. Ook genoem 'n kaalgatperske, kaalperske of nektarien.
- glibdruif
- 'n Ligrooi Amerikaanse druifsoort wat teen somerreën bestand is. Die naam is afkomstig van die Catawba-rivier in Carolina, VSA.
- glukogeen
- 'n Wit, amorfe, smaaklose, reuklose stysel van dierlike herkoms.
- glukose
- 'n Soort suiker wat in heuning en sekere plantsoorte voorkom. Dit is nie so soet soos rietsuiker nie.
- glutamien
- 'n Aktiewe stof wat in lewerekstrak voorkom.
- glutamine
- 'n Aktiewe stof wat in lewerekstrak voorkom.
- gluten
- 'n Mengsel van plantproteïnes wat in graankorrels voorkom.
- glutenbrood
- Brood wat met koringgluten voorberei word.
- gnocchi
- 'n Italiaanse pasta, tradisioneel gemaak van aartappels.
- goeiechristenpeer
- 'n Groot peer met sappige vleis.
- goewerneursboontjie
- Een van twee rankboontjiesoorte met plat sade.
- gorgonzola
- Gorgonzola is ’n sterk Italiaanse kaas wat met groen skimmeldrade deurgroei is. Dit is vernoem na die dorpie Gorgonzola in Italië.
- gort
- Gort is garskorrels wat afgedop is en deur die mens as voedsel gebruik word. Die lid van die grasfamilie is die stapelvoedsel van duisende mense en dit word ook gebruik om bier mee te brou.
- gouda
- 'n Soort soetmelkkaas oorspronklik van Gouda in Nederland.
- goudpiesang
- 'n Strooikleurige piesangsoort; Musa paradisiala.
- goueappel
- Die vrug van die boomsoort Spondias cyntherea, wat in tropiese streke gekweek word.
- gourmand
- Iemand wat graag baie en lekker eet.
- gourmet
- 'n Fynproewer van kos en drank.
- graan
- 'n Plant van die grasfamilie waarvan die saad as voedsel gebruik word.
- graankorrel
- Die saad van 'n graangewas.
- graankos
- Voedsel, veral ontbytkos, berei uit 'n graansoort.
- graanvlokkies
- Ontbytkos berei uit 'n graansoort.
- graat
- Enige beentjie in 'n vis se liggaam.
- graatvis
- Enige vis met baie bene.
- gramkalorie
- Die warmte wat nodig is om die temperatuur van een gram water een graad Celsius by 'n druk van een atmosfeer te laat styg.
- granaat
- 'n Bolronde vrug van die Punica granatum. Die vrug is rond met 'n leeragtige skil, talryke rooi, waterige, soetsuur pitte.
- granaatappel
- 'n Bolronde vrug van die Punica granatum. Die vrug is rond met 'n leeragtige skil, talryke rooi, waterige, soetsuur pitte.
- grand cru
- 'n Wynterm wat in Frankryk gebruik word om wyn van 'n superieure gehalte aan te dui. In Suid-Afrika word dit gebruik vir droë witwyn.
- granulose
- 'n Vorm van stysel of amilose in fyn korreltjies.
- grasuie
- 'n Kruidagtige plant soortgelyk aan 'n ui met dun lowwe en plat knolle. Ook bekend as uiegras of bieslook.
- gratin
- Die woord verwys na die kors wat op 'n dis vorm in die oond of onder 'n rooster. Ook die naam van 'n dis gebak of gerooster met 'n beskermde kors. Normaalweg is die bokant van die dis bedek met kaas, broodkrummels of eier.
- grenache
- 'n Swart druifsoort waarvan die stokke goed bestand is teen windskade.
- grenadella
- Die vrug van enige van die rankplante bekend as passieblomme.
- griekse hooi
- 'n Kruid met wit blomme en aromatiese saad. Die blare word normaalweg as kruie gebruik en die saad as 'n spesery. Dit staan ook bekend as fenegriek.
- griesmeel
- Meel wat nie baie fyn gemaal is nie en nog met klein semeldeeltjies vermeng is.
- griestorte
- Griestorte is 'n Duitse woord wat beteken "semolina tert". Gries, semolina, en torte, 'n oop tertdeeltjies wat in 'n vlak, ronde bak gebak word.
Griestorte resep >> - groenamandels
- Die pitte van die steenvrug van die boomsoort Pistacia vera. Die pitte het 'n groenerige kleur en 'n amandelgeur en word vir die vervaardiging van lekkers gebruik. Die boom kom voor in westelike Asië. Ook in Afrikaans genoem pimperneut, pistachio, pistasie of pistasieneut.
- groenboon(tjie)
- Die onryp boontjiepeul wat as groentesoort gebruik word.
- groendruif
- 'n Wyndruifsoort met twee variëteite waarvan die kleur van die druif in die een geval groenerige wit en in die ander geval rooi is.
- groenertjie
- 'n Ertjiesoort waarvan die pit as groente gebruik word.
- groenkaas
- 'n Kaassoort met 'n groen kleur. Die groen kleur word verkry deur 'n poeier van gedroogde klawer by te voeg na die rypwordingsproses.
- groenmamba
- 'n Naam wat gebruik word vir pepermentlikeur of mampoer.
- groenmielie
- 'n Mieliekop waarvan die pitte nog onryp en derhalwe sag is.
- groenmieliebrood
- 'n Brood gemaak van groenmielies.
- groenpruim
- 'n Pruimvariëteit met 'n groengeel skil en vleis.
- groente
- Eetbare plante of plantdele.
- groentemes
- 'n Mes waarmee groente geskil, geskraap of gesny word.
- groenteslaai
- 'n Slaai wat net van groente gemaak is.
- groentesop
- 'n Sop wat net van groente gemaak is.
- grok
- 'n Alkoholiese drank met warm water en suiker of 'n ander smaakmiddel.
- grondboon(tjie)
- 'n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. Ook genoem katjang, katjangboontjie en katjangghorie.
- grondboontjiebotter
- Fyngemaalde, gaar grondboontjies wat gemeng is met olie en smaakmiddels.
- grootbekbaars
- 'n Donkergroen varswatervis, Micropterus salmoides, met 'n opvallende groot bek.
- grootbekgeelvis
- 'n Groot geelvis, Barbus kimberleyensis, wat in die Oranjeriviersisteem in Suid-Afrika voorkom.
- grootmes
- 'n Mes met 'n lang lem wat gebruik word om vleis mee te sny.
- grootvee
- Groot plaasdiere soos beeste.
- grootvis
- Enige vissoort met groot afmetings.
- grootwild
- Wild van groot gestalte.
- growwebrood
- Brood van ongesifte meel.
- Gruyère
- 'n Switserse kaas gemaak van koeimelk. Dit het 'n ferm tekstuur en neutagtige smaak met 'n kleur wat wissel van ivoorgeel tot goudbruin. Dit is vernoem na die dorp Gruyères in Switserland. Die kaas word vir ses maande tot 'n jaar verouder.
- grysappel
- 'n Struik, Parinari capense, met 'n donkerbruin, sterk ruikende, soet vrug met grys spikkels. Dit word in dele noord van die Vaalrivier in Suid-Afrika aangetref.
- grysbok
- Een van twee soorte wildsbokkies, die Kaapse grysbok en Sharp se grysbok.
- grysduiker
- 'n Soort duiker, Sylvicapra grimmia.
- guacamole
- Guacamole is ’n Mexikaanse doopsous gemaak van fyngestampte avokado, uie, rissie, lemmetjie- of suurlemoensap en sout.
- Guernsey
- 'n Beesras, oorspronklik afkomstig van die eiland Guernsey. A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
groenvyekonfyt 'n Konfyt wat gekook is van heel, groen vye. resep ->
grootbekswartbaars 'n Donkergroen varswatervis, Micropterus salmoides, met 'n opvallende groot bek.
0 vrae en kommentaar:
Post a Comment