Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/20/2020

Frikkadelle in wingerdblare

Meng maalvleis, sout, peper, ’n knypie neutmuskaat, ’n knypie fyngemaalde maalvleis, tiemie, ’n verkrummelde sny witbrood en ’n geklopte eier.
Rol frikkadelletjies groot genoeg om in ’n wingerdblaar te pas.

Smeer ’n wingerdblaar met botter en plaas ’n frikkadel daarin en vou toe. Bind die blare vas met gare indien nodig.
Plaas dit in ’n gesmeerde pot en pak dit styf daarin en gooi water of witwyn by. Kook stadig tot gaar met die deksel op. Sorg dat dit nie droog kook nie. Jy kan ook ekstra botter bygooi.

Dit was oorspronklik ’n Hollandse resep, maar het net in Suid-Afrika behoue gebly.

Jy kan ook koolblare gebruik as jy nie wingerdblare kan kry nie. Dit kan ook in die oond gaargemaak word.

No comments :

Post a Comment