Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/01/2020

Kreef à l'américaine / Homard à l'américaine / Lobster a l'Americaine

4 krewe, skoongemaak en in stukke gesny. Vir die resep moet die krewe met ’n mes doodgemaak word.
Sout en peper na smaak
Olyfolie
1 wortel, in blokkies gesny
1 stok seldery, in klein stukkies gesny
3 salotte, fyngekap
2 eetlepels tamatiepasta
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 koppie witwyn
3 sopies brandewyn
Twee koppies visaftreksel – of meer, afhangende van die volume van die kreef
2 lourierblare
’n paar takkies tiemie
12 eetlepels room
4 eetlepels botter
Vars gekapte pietersielie

Geur die kreef met sout en peper. Braai in olyfolie in ’n ronde swaarboompot tot die kreef ’n mooi rooi kleur kry. Sowat 10 minute. Roer dit gereeld. Laat afkoel. Verwyder die kreef se vleis sodra dit genoegsaam afgekoel het. Moenie die doppe weggooi nie.

Braai die wortels, seldery en salotte in dieselfde swaarboompot. Voeg meer olyfolie by indien nodig.
Wanneer die groente sag is kom die tamatiepasta en knoffel by. Braai vir 1 minuut tot dit begin karamelliseer.
Gooi nou die brandewyn en witwyn by om die pansappe los te kook. Kook tot die alkohol ten minste met die helfte verminder het.
Gooi nou die kreefdoppe in die pot. Jy moet hulle dalk in kleiner stukke breek. Gooi die visaftreksel ook in. Die aftreksel moet die doppe bedek. Plaas die lourierblare en tiemie in die pot en prut vir 20 minute.

Gooi die sous deur ’n sif. Eers ’n growwe sif en dan ’n fyner een. Jy wil van al die soliede deeltjies ontslae raak.
Prut die sous nou tot dit met die helfte verminder het.
Roer nou die room by e hou aan met kook. Klop die botter by en gooi dan die pietersielie by. Proe vir sout en peper.
Die kreef se vleis kom laaste by. Kook dit net lank genoeg tot die vleis warm is.

Bedien met rys.


No comments :

Post a Comment