Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/27/2020

Tongvis à la florentine

8 tongvis-filette
280 gram vars spinasie
1 sjalot, fyngemaak
1 knoffelhuisie, fyngemaak
1 teelepel botter
¼ koppie parmesaan
4 koppies Mornay-sous
witwyn

Smelt botter in ’n kastrol en kook die sjalot en knoffel.
Voeg spinasie by en kook tot verwelk, ongeveer 3 minute. Verwyder van die hitte en gooi die oortollige vloeistof af. Voeg kaas en genoeg Mornay-sous by om alles klam te maak.
Verkoel die res van die sous.

Verdeel die spinasie tussen die tongvis-filette en rol in bondels. Steek dit met tandestokkies vas. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Drup wyn oor en geur met sout en peper.

Bak vir 15 minute.

Skep uit op ’n skottel en bedek met die res van die sous.

No comments :

Post a Comment