Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/11/2020

Boston-brood / Boston Brown Bread

Die tradisionele Amerikaanse brood word in ’n koffieblik of klein broodpan gemaak.

Botter om die blik of broodpan mee te smeer.
½ koppie broodmeel
½ koppie rogmeel
½ koppie mieliemeel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
½ teelepel allspice
½ koppie molasse
1 koppie karringmelk
1 teelepel vanillaekstrak (opsioneel)
½ koppie rosyne (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 165°C en kook ’n groot pot water.

Smeer jou koffieblik of broodpan met botter.

Meng al die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Voeg die rosyne ook op die stadium by indien jy dit gaan gebruik.

Meng die karringmelk met die vanielje – indien jy laasgenoemde gaan gebruik. Klits die molasse met die hand by.
Gooi die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed met ’n houtlepel.
Gooi die beslag in die blik of pan. BAIE BELANGRIK: Die beslag moet NIE die houer met meer as ⅔ vul nie.
Bedek die blik of pan met foelie.
Neem ’n diep oondpan waarin die blik of broodpan pas. Plaas die blik of broodpan daarin en vul op met die kookwater. Ten minste ⅓ van die blik of broodpan moet bedek wees met die water.
Plaas dit in die oond vir ten minste 2 uur en 15 minute.

Verwyder die blik of broodpan uit die oond en laat afkoel voor jy dit op ’n draadrak plaas. Laat dit vir ten minste 1 uur afkoel op die draadrak voor jy dit uit die blik of broodpan verwyder.


No comments :

Post a Comment