Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/08/2020

J voltooi

Die J-afdeling van ons A tot Z Verklarende Woordeboek vir Kookkuns is voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z en die lys word deurlopend bygewerk. A tot J is voorlopig voltooi.

J begin met jaarlemoen. Jaarlemoen is ’n soort pompelmoes. As jy nie weet wat pompelmoes is nie, besoek die P-afdeling. Dit J-afdeling eindig met jus brun. Dit is ’n aftreksel wat gebruik word vir die maak van sop, sous en gesmoorde disse. ’n Jus brun word voorberei deur die bestanddele eers te verbruin voor dit in die vloeistof geplaas word. Dit word voorberei met beesvleis, kalfsvleis, die vleis en bene van pluimvee en groente wat verbruin is in vet.

Dit is een van die mees volledigste woordelyste van sy soort in Afrikaans. Die lys bevat ook relevante kookkuns terme uit Frans, Duits, Italiaans, Spaans, Latyn en ander tale. K sal binnekort voltooi wees.

No comments :

Post a Comment