Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/13/2020

Spinasie en ricotta cannelloni

400 g spinasie
Olyfolie
¼ teelepel neutmuskaat
1 ui, in stukkies gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 x 400 g blikkies geskilde tamaties, fyngedruk
1 lourierblaar
’n hand vol basiliekruid
Die gerasperde skil van ½ suurlemoen
1 eier, geklits
2 teelepels gerasperde parmesaan
250 g ricotta
150 g cannelloni (dis omtrent 14 buisies)
250 g mozzarella, in skywe gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180°C.

Plaas die spinasie, ’n paar druppels olyfolie, neutmuskaat en sout en peper in ’n pan oor lae hitte. Plaas die deksel op. Roer af en toe tot die spinasie afgekook het. Hou eenkant.

In dieselfde pan braai jy die ui oor lae hitte in olyfolie tot sag.
Voeg die knoffel, tamaties, lourierblaar, ’n paar blare basiliekruid, en suurlemoenskil by. Prut vir 20 minute.
Geur met sout en peper.

Druk die vloeistof uit die spinasie, maar behou die vloeistof.
Kap die spinasie in stukkies en gooi terug in die vloeistof.

Roer 2 teelepels parmesaan by die eier en roer dit en die ricotta by die spinasie. Geur met sout en peper.
Vul die cannelloni met die spinasie-mengsel.
Pak die cannelloni in ’n oondbak van 20 cm x 25 cm.
Gooi die tamatie-mengsel oor die cannelloni. Pak die oorblywende basiliekruid-blare op die tamatie.
Pak die mozzarella-skywe oor die basiliekruid.
Bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
Bak vir 35 tot 40 minute in die oond tot dit bo-op verbruin en die cannelloni sag is.

Laat ’n paar minute staan voor jy dit bedien.


(die resep is genoeg vir 6 persone)

No comments :

Post a Comment