Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/20/2020

Braaibroodjies in ’n pan

90 mℓ sagte botter
12 snye witbrood
60 mℓ blatjang
12 skywe cheddar
1 ui, in ringe gesny
2 tamaties, in ringe gesny
Sout en varsgemaalde peper.

Verhit ’n riffelpan tot matig warm.

Smeer brood met botter aan beide kante.
Smeer 6 snye met blatjang, gevolg deur ’n skyf cheddar.
Verdeel die uieringe tussen die 6 snye. Daarna die tamatie.
Geur met sout en peper.
Sit nog ’n skyf cheddar op en plaas die ander 6 snye bo-op.
Braai vir 5 tot 8 minute aan ’n kant tot goudbruin en die kaas gesmelt het.

Die resep is genoeg vir 4 tot 6 persone.


No comments :

Post a Comment