Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/22/2020

Caldo Verde

60 mℓ olyfolie
280 g knoffelwors, in skywe gesny
1 groot ui, gekap
Sout
3 knoffelhuisies, in papierdun skywe gesny
6 aartappels, geskil en in stukke gekap
800 mℓ koue water
800 mℓ hoenderaftreksel
450 g donkergroen kool, in baie dun repe gesny
Varsgemaalde swartpeper
Witpeper

Verhit die olyfolie in ’n groot soppot.
Braai die wors tot dit verbruin aan alle kante. Gebruik ’n gaatjieslepel om die wors uit te skep. Hou eenkant.

Gooi die uie in die pot, strooi sout oor en kook, terwyl jy dit af en toe roer. Kook tot die uie sag is.
Voeg die knoffel by en kook nog 2 minute.

Roer die aartappels by en gooi die water en aftreksel by. Bring tot kookpunt.
Stel die hitte laer en laat dit prut. Prut tot die aartappels sag is.
Laat die sop effens afkoel.

Purée die sop.
Voeg die kool by die sop. Bring dit weer tot kookpunt.
Stel die hitte laer en laat dit prut. Prut tot die kool sag is.
Geur met sout en peper.

Garneer die caldo verde met die knoffelwors.


No comments :

Post a Comment