Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/18/2020

Bruinbrood / Bruin brood resep / Brown Bread

500 g bruinbroodmeel
10 g kitsgis
5 mℓ sout
30 mℓ suiker
45 mℓ botter
300 mℓ louwarm water

Meng die droë bestanddele. Laat dit ’n tydjie staan.

Meng die droë en nat bestanddele.
Strooi meel op jou werksoppervlakte en knie die deeg vir ten minste 10 minute. Die deeg moet van jou hande afkom en elasties voel. Smeer bietjie olie in ’n mengbak en plaas die deeg daarin. Verf die deeg met olie. Maak dit toe met kleefplastiek en ‘n vadoek en laat dit rys tot dubbel die grootte.

Smeer 2 broodpannetjies met botter en verdeel die deeg tussen die pannetjies. Maak toe met ’n vadoek en laat dit weer rys tot dubbel die grootte.

Voorverhit die oond tot 180°C.

Bak dit teen 180°C vir ongeveer 1 uur. Klop op die brood. As dit hol klink is dit gaar.


No comments :

Post a Comment