Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/27/2020

Chateaubriand

500 g van die middelsnit van ’n beeslende
2 eetlepels ongesoute botter
2 eetlepels olyfolie
Sout en peper na smaak
1 fyngedrukte salot
120 mℓ rooiwyn
120 mℓ demi-glacé
1 eetlepel botter, saggemaak
2 teelepels fyngekapte dragonblare

Voorverhit die oond tot 190°C.

Strooi sout en peper mildelik oor die vleis.

Voorverhit ’n oondvaste swaarboompan oor medium-hoë hitte.

Voeg die botter en olie in die pan. As die botter ophou skuim, verbruin die vleis vinnig aan beide kante.
Plaas die vleis nou in die oond. Jy wil die vleis net in die oond hê tot die binnekant sowat 50°C bereik.
Haal uit die oond en laat eenkant rus.

Plaas die pan op medium hitte – wees versigtig, dit was in die oond.
Voeg die fyngemaalde salot by en soteer tot deurskynend, maar nie bruin nie.
Voeg die rooiwyn by. Draai die hitte tot medium-hoog en kook die sous af tot die helfte.
Voeg die demi-glacé by en kook af tot die mengsel stroperig is.
Proe vir geurmiddels, en voeg sout en peper by indien nodig.
Roer die dragonblare by en haal dit van die hitte af.
Roer die botter stadig by voor jy dit bedien.
Dit sal help om die sous verder te verdik en 'n pragtige glans te gee.


’n Chateaubriand word tradisioneel saam met chateau-aartappels bedien.

No comments :

Post a Comment