Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/29/2020

Cobbler

Cobbler is ’n eenvoudige Amerikaanse vrugtepastei.

½ koppie ongesoute botter
1 koppie koekmeel
2 koppies suiker
1 eetlepel bakpoeier
Knippie sout
1 koppie melk
4 koppies perskeskywe
1 eetlepel suurlemoensap
Gemaalde kaneel

Jy het ’n oondbak nodig van 33 x 23 cm wat sowat 5 cm diep is. Voorverhit die oond tot 180°C.

Smelt die botter en gooi dit in die oondbak.

Meng die meel, 1 koppie suiker, die bakpoeier en sout.
Voeg die melk by en roer tot dit gemeng is.
Gooi die mengsel oor die botter – moenie meng nie.

Gooi die res van die suiker, die perske en suurlemoensap in ’n souspan en verhit tot kookpunt. Roer aanhoudend.
Gooi oor die mengsel in die oondbak – moet nie roer nie.
Jy kan bietjie kaneel oor die gereg strooi.

Bak by 180°C tot goudbruin. Dit neem omtrent 45 minute.


’n Cobbler kan warm of koud bedien word. Dit kan saam met roomys of room bedien word.

No comments :

Post a Comment