Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/01/2020

Cock-a-Leekie

Cock-a-Leekie is ’n tradisionele Skotse sop.

Jy het ’n heel skoongemaakte hoender nodig vir die resep. Een wat ten minste meer as 1 kg weeg.
12 preie, in 2 cm-skywe gesny
120 g rys
4 uie, geskil en gerasper
Sout
Varsgemaalde swartpeper
Fyngekapte pietersielie

Plaas die hoender en die helfte van die preie in ’n soppot en bedek met koue water.
Bedek die pot met ’n deksel en prut oor lae hitte vir sowat 1 uur. Die hoender moet van die been begin afval.

Verwyder die hoender uit die pot en hou eenkant op ’n bord om af te koel.

Gooi die vloeistof deur ’n sif en dan terug in die pot.
Gooi die rys by, bedek en kook vir 10 minute.

Gooi die wortels en res van die preie by en kook vir ten minste 20 minute. Die keer sonder ’n deksel.

Geur met sout en peper.

Pluis van die hoendervleis en plaas dit in die sopbakkies voor jy die sop inskep en garneer met pietersielie.

Bedien die sop warm.


No comments :

Post a Comment