Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/12/2020

Cumberland-sous / Cumberland Sauce

Skil van ’n lemoen, in fyn repies gesny
Skil van ’n suurlemoen, in fyn repies gesny
340 g rooiaalbessiekonfyt
250 mℓ port
½ koppie vars uitgedrukte lemoensap
¼ koppie vars uitgedrukte suurlemoensap
1 eetlepel Dijon-mosterd
½ teelepel fyngemaalde gemmer

Gooi water in ’n souspan tot dit sowat 5 cm diep is. Bring tot kookpunt.
Blansjeer die skille in die kookwater vir 5 minute. Dreineer.

Gooi die res van die bestanddele in die leë souspan en bring tot kookpunt oor medium hitte. Gebruik ’n ballonklitser om dit te meng.
Stel die hitte laer tot dit net prut. Roer die skille by en prut verder tot die sous genoeg verdik om ’n teelepel te bedek. Dit neem omtrent 30 minute. Roer gereeld.
Jy kan die sous dadelik gebruik of in die yskas hou in ’n lugdigte houer vir ten minste ’n week.


No comments :

Post a Comment