Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2020

Porselein / Purslane

Porselein groei sonder aanmoediging in meeste tuine en word vir onkruid aangesien. Die jong blare en stingels is egter ’n unieke groente.

Vir gestoofde porselein plaas die blare in ’n kastrol en bedek met water. Sodra dit kook gooi jy die water af en bedek dit weer met koue water. Herhaal weer die proses.

Laat die porselein nou in koue water lê vir 'n paar minute.
Gooi die water af en kap fyn.

Plaas die porselein terug in die kastrol, gooi 125 ml bouillon / aftreksel, 5 ml suiker en 'n knippie sout en peper by.
Laat dit stadig kook tot dit sag is.

Roer 'n klont botter en 15 ml suurlemoensap by en bedien.

Bedien die gestoofde porselein saam met eiers of op roosterbrood.

No comments :

Post a Comment