Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/08/2020

Skuinskoek

Skuinskoek word gewoonlik gemaak van oorskiet-mosbolletjiedeeg wat diepgebraai word in olie.

2½ koppies koekmeel
½ koppie suiker
Knypie sout
½ eetlepel fyn kaneel
½ eetlepel kremetart
1 eetlepel botter
3 eetlepels melk
3 eetlepels water
1 teelepel koeksoda
2 eiers, geklits
Olie
Kaneelsuiker

Sif die meel, suiker, sout, kaneel en kremetart saam.
Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel.

Meng die melk, water en koeksoda.
Meng die helfte van die melkmengsel met die eiers. Gooi dit by die meelmengsel en meng. Dit moet ’n sagte deeg wees, maar nie slap nie. Voeg die res van die vloeistof bietjie vir bietjie by tot dit nat en kniebaar is.
Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.

Breek stukke deeg af en rol dit dat dit so groot soos dik boerewors is. Druk die “worse” plat met jou hand tot dit omtrent 2 cm dik is. Sny in stukke van 5 cm.
Bak in warm olie – nie te warm nie, dit moet kan rys en moet nie te donker braai nie.

Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
Rol in kaneelsuiker en sit voor met room en konfyt.
Hoe gouer dit geët word hoë beter.

No comments :

Post a Comment